Sjabloon:Aktueel
Voorkoms

- Ná die dood van pous Franciskus het 'n sedis vacatio op die Heilige Stoel en 'n interregnum in die Vatikaanstad begin.
- Netumbo Nandi-Ndaitwah is ingesweer as Namibië se vyfde president; sy is die eerste vrou wat in dié pos dien.
- Die voormalige Zimbabwiese swemster Kirsty Coventry is tot nuwe president van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) verkies; sy sal in Junie 2025 Thomas Bach opvolg en die eerste vrou in dié pos word.
- Frankryk wen tydens die Sesnasies-toernooi in 2025 sy 27ste titel, terwyl Georgië tydens die Europese Rugbykampioenskap hul 17de titel inpalm. Daarbenewens kwalifiseer Georgië, Portugal, Roemenië en Spanje vir die Rugbywêreldbeker 2027 in Australië.
- Indië wen die eindwedstryd van die negende Kampioenetrofeetoernooi teen Nieu-Seeland met vier paaltjies en palm sodoende sy derde titel in. Australië en Suid-Afrika was die ander twee semi-finaliste.