Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Driehoeksterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 33 en NGC 0598) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 3 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Driehoek. Dit is die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep, wat die Melkweg, Andromeda en sowat 30 ander, kleiner stelsels insluit. Die sterrestelsel is die kleinste spiraalsterrestelsel in die Plaaslike Groep naas die Groot Magellaanse Wolk. Dit is vermoedelik 'n satelliet van Andromeda of besig om weer in dié stelsel opgeneem te word as gekyk word na hulle wisselwerkings, snelhede en nabyheid in die naghemel. Dit het ook 'n H II-kern. Dit is een van die verste permanente voorwerpe wat met die blote oog gesien kan word. Die sterrestelsel kry sy naam van die sterrebeeld Driehoek, waar dit gesien kan word. Dit word soms informeel die "Vuurwielsterrestelsel" genoem, maar volgens die sterrekundige databasis Simbad, wat formele name van sterrekundige voorwerpe vergelyk, verwys dié naam na Messier 101, wat in die sterrebeeld Groot Hond voorkom.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat Julius Richard Petri die eerste mikrobioloog was wat 'n moderne stelsel daargestel het om bakterieë te kweek met die ontdekking van die petribakkie? ... dat die profeet Mohammed in die gedeeltes van die Koran wat tydens die eerste vyf jaar van sy openbare bediening in Mekka opgeteken is, nie een keer die naam Allah gebruik het nie? In dié tyd het hy na God verwys as "Heer" of "Skepper" (Rabb). ... dat die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban gewerk het? Hy was tussen 1893 en 1915 in Suid-Afrika woonagtig. Hier het hy die Natalse Indiese Kongres gestig, wat later met die ANC sou saamsmelt. ... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag. ... dat die heel eerste artikel wat op die Afrikaanse Wikipedia geskep is, Hindoeïsme was? Dit was op 17 November 2001.
![]() Vandag in die geskiedenis
![]()
Voorbladbeeld
'n Vuurpeleton deur rewolusionêre magte by die Sanandaj-lughawe in Iran, 1979. Die elf tereggesteldes van die Koerdiese rebellie was aangekla van wapensmokkelary, opstand en moord. |
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|